Namcor kry nuwe raad
Finansminister Ipumbu Shiimi het ‘n raad van direkteure vir die Nasionale Petroleum Korporasie van Namibië, of Namcor aangestel, effektief 1 Julie. Florentia Amuenje wat heraangestel is, vervang Jennifer Comalie as voorsitter. Amuenje is die stigter van TransfoCoaching and Consulting. Die ondervoorsitter is Tersia Gowases, wat ook heraangestel is. Sy is die hoofbestuurder van Inligtingstegnologie by die Maatskaplike Sekerheidskommissie. Ander raadslede sluit in Godfrey Ngaisiue, ‘n geofisikus; die adjunk-uitvoerende direkteur in die finansministerie Oscar Capelao, Anna Libana en Trophimus Hiwilepo.