Namcor kry N$1,3 miljard reddingsboei

Plaaslike berigte lui dat die regering ingestem het om ‘n reddingsboei van 1,3 miljard Namibiese dollar aan Namcor toe te staan. Dit kom na die staatsonderneming in die vorige boekjaar ‘n verlies van 700 miljoen dollar aangeteken het. Hy skuld ook 1,9 miljard dollar aan verskaffers. Die besluit verteenwoordig ‘n U-draai omdat die regering in Oktober verlede jaar geweier het om ‘n reddingsboei aan die maatskappy te gee. Dit sal verhoed dat die maatskappy moontlik deur ‘n krediteur gelikwideer kan word. Die maatskappy word nou deur die adjunk-goewerneur van die sentrale bank, Ebson Uanguta, gelei. Hy is as tussentydse besturende direkteur aangestel.