Namcor-hoof se skorsing verleng
Namcor het bevestig dat die skorsing van sy besturende direkteur, Immanuel Mulunga verleng is en tot 30 September van krag sal bly. Die Namcor-raad het verdere besonderhede en bevindings van die onafhanklike ondersoek oor die aangeleentheid ontvang. In die lig van hierdie bevindinge sal die raad die mees geskikte optrede beraadslaag en bepaal. Mulunga is intussen deur die Teenkorrupsie-kommissie gevrywaar van enige oortreding in verband met ‘n oorbetaling van 100 miljoen Namibiese dollar aan ‘n Angolese oliemaatskappy. Namcor het hom aangekla van bedrog en oortreding van sy werkskontrak. Die woordvoerder van Namcor, Paulo Coelho het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…