NAMBTS en Onkologiesentrum werk saam

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië en die Namibië Onkologiesentrum het ‘n nuwe bloedskenksentrum in Windhoek geopen. Ongeveer 16 persent van alle bloed wat deur die diens ingesamel word, gaan na kankerpasiënte. Die nuwe bloedskenksentrum is by die Namibië Onkologiesentrum se perseel in Eros en sal elke Woensdag oop wees. Die diens sal verder gratis vervoer vir bloedskenkers na die sentrum verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het met Titus Shivute, woordvoerder van die diens, gesels oor die nuwe inisiatief. Shivute het ook die bloedtoevoersituasie gedeel.