Namandje, IUM, klap terug op Amushelelo eis oor fooie

Die International University of Management het die prokureur Sisa Namandje opdrag gegee om te antwoord op eise wat deur Michael Amushelelo en sy NEFF-party gemaak is, dat registrasiefooie opgehef word. Volgens Namandje se brief, het Amushelelo fouteer deur te sê dat tersiêre opleiding vervat is in die Grondwet as ‘n basiese reg. Hy sê verder die universiteit sal voortgaan om enige fooie te vra ingevolge die heersende wetgewing en sy eie kostes wat hy moet aangaan – dit sluit volgens hom registrasiefooie in. Hy het ook aantygings van rassisme met innames by die instansie verwerp. Namandje sê Amushelelo het geen basis in die wet om sy eise te stel nie. Namandje sê die universiteit ag sy en NEFF se skrywe as non pro scriptor, of in werklikheid, as nooit geskryf nie.