Namaf se vergoeding is oneties

Die gaping tussen billike vergoeding vir dokters se dienste en wat die Namibiese Vereniging van Mediese Hulpfondse, of Namaf, dink billik is, is volgens die Mediese Vereniging van Namibië oneties. Laasgenoemde vereniging sê in ‘n ope brief aan die publiek dat dokters op die rand van bankrotskap staan as gevolg van Namaf se vasgestelde pryse. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die voorsitter van die Mediese Vereniging van Namibië, dr. David Weber, wat verduidelik dat mediese fondse nie aan Namaf behoort nie, maar bepaal hulle fooie.

Weber sê daar is bedrog, vermorsing en misbruik in die vergoedingstelsel aan dokters.