Namaf sê hy spreek hoë hospitaalrekeninge aan

Die Namibiese Vereniging van Mediese Hulpfondse, of Namaf, se uitvoerende hoof, Stephen Tjiuoro, sê die hoogste koste in die mediese fonds-bedryf is hospitaalrekeninge, wat altesaam 31 persent van die 5 miljard Namibiese dollar bedryf beloop. Hy het by ‘n mediakonferensie in Windhoek gesê Namaf werk aan intervensies om die hoë koste van hospitaalrekeninge en medisyne aan te spreek. Dit kom nadat Namibiese dokters die uitdagings bekend gemaak het waarmee hulle worstel weens onvoldoende vergoeding deur mediese fondse, soos bepaal deur Namaf.