Namaf moet konsulteer, sê Narkotiseursvereniging

Die Narkotiseursvereniging van Namibië se woordvoerder, Jesse Mumba, doen ‘n beroep vir konsultasie oor die Namibiese vereniging van mediese fondse, bekend as Namaf, se onveranderde tariewe vir 2024. Die vereniging het verlede jaar aangekondig die standaardtariewe vir 2023 sal onveranderd bly, sonder om lede of gesondheidsorgverskaffers te raadpleeg. Mumba sê samewerking tussen belanghebbendes, insluitend fondslede, gesondheidsorgverskaffers en die vereniging, is van kardinale belang om ‘n billike en doeltreffende gesondheidsorg-beleid te verseker.