Nama-leiers nie tevrede met volksmoord-onderhandelings

Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het die Hoofmanne Forum-vergadering van die leiers van gemeenskappe wat deur die Duitse volksmoord van 1904 tot 1908 geraak is, toegespreek. Sy het verslag gedoen oor onderhandelings met Duitsland oor herstellende betalings, wat al jare lank sloer. Daar is onder andere nog nie ‘n finale bedrag vasgestel nie. Nandi-Ndaitwah het allerhande verskonings aangebied, onder meer “die ondoeltreffende internasionale politieke stelsel”. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Deodat Dirkse van die Nama Tradisionele Leiers-vereniging.