Nam-verskaffers moet sê oor Starlink

Elon Musk se satelliet-breëbanddiens Starlink het aansoek gedoen vir ‘n lisensie om internetdienste in Namibië aan te bied. Emma Theofelus, minister van inligting, het 14 dae aan bestaande lisensiehouers gegee om hul kommentaar te lewer oor die aansoek om eienaarskapsvereistes van Starlink Internet Service Namibia. Sy sê Starlink het aansoek gedoen vir ‘n telekommunikasiedienslisensie by die Kommunikasieregulerende Owerheid van Namibië, Cran, en is 100 persent in buitelandse besit en beheer.