Nam verbind tot nul-koolstofverskeping

Namibië is die eerste land in Afrika wat ‘n kontrakbrief vir nul-koolstofverskeping met die Maersk Mc-Kinney Møller-sentrum van Denemarke onderteken het. Die organisasie doen onafhanklike navorsing en ontwikkeling om nul-koolstof-oplossings aan die skeepvaartbedryf bekend te stel. Namibië se groen-waterstof kommissaris, James Mnyupe, sê die ooreenkoms bevestig die land se verbintenis tot volhoubare ontkoling van die seevaartsektor teen 2050. Hy sê die stap strook met Namibië se ideaal om homself as ‘n volhoubare logistieke spilpunt in Afrika te vestig: