Nam se nuwe handelsbeleid onder die loep

Die handel-ministerie sê die opstel van ‘n nasionale handelsbeleid sal ekonomiese aktiwiteite ‘n hupstoot gee, insluitend uitvoere en toegang tot eksterne markte. Dit kom nadat die kabinet onlangs die konsep nasionale handelsbeleid goedgekeur het, wat daarop gemik is om by te dra tot Namibië se ekonomiese diversifikasie deur ‘n mededingende handelssektor te bevorder en te stimuleer. Die kabinet het die ministerie opdrag gegee om die beleid in ooreenstemming met die implementerings-aksieplan te finaliseer en aan te dryf. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder, Elijah Mukubonda, gepraat wat sê dat die nasionale beleid ontwikkel is om Namibië se handelsbetrekkinge te rig. Dit is geformuleer binne die bestek van Visie 2030, wat daarna streef om Namibië na ontwikkelde land-status te neem.