Nam ontvang 124 000 dosisse Pfizer

Die Namibiese ministerie van gesondheid het ‘n tweede skenking van net meer as 124 000 dosisse Pfizer-entstof vanaf die VSA ontvang. Die Amerikaners het al die vervoerkostes gedek en die Covax-fasiliteit het die logistieke hanteer. Die uitvoerende direkteur van die ministerie Ben Nangombe sê die skenking kom op ‘n goeie tyd met die loods van die inentingsveldtog deur die ministerie van inligting. Die entstof is in die VSA vervaardig en is by alle inentingslokale beskikbaar.