Nam-onderwysers kort ook dringend bystand, nes in SA

Duisende onderwysers in Suid-Afrika benodig krisis-blitslyne, berading en mentorskapprogramme om die stres van klaskamers te kan hanteer. ‘n Volle 65 persent vra vir geestesgesondheidingryping. Dit is volgens ‘n studie deur die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie en die Noordwes Universiteit. Die studie dui aan onderwyser-uitbranding word aangehelp deur bykomende pligte en ‘n geestesgesondheidstryd. Mahongora Kavihuha, sekretaris-generaal van die Onderwysersunie van Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê die situasie is dieselfde in Namibië. Hulle werk aan hulpmiddels om onderwysers te ondersteun.