Nam nou in top-10 vir intra-Afrika handel
Namibië se bydrae tot totale intra-Afrika handel het verlede jaar tot 6,26 persent toegeneem, vanaf 5,94 persent in 2022. Dit is volgens die 2023 Afreximbank Handelsverslag. Die verbetering het Namibië ‘n plek onder die top-tien Afrika-lande in intra-vasteland handel verseker. Namibië se uitvoere na ander Afrika-lande het ook ‘n effense toename getoon en het verlede jaar meer as 56 miljard Namibiese dollar bereik, wat ‘n toename verteenwoordig vergeleke met die 41 miljard dollar wat in 2022 uitgevoer is.