Nam-ekonomie moet diversifiseer
Namibië se top vyf uitvoerkommoditeite het in Mei konstant gebly, naamlik edelgesteentes in die vorm van diamante, vis, nie-monetêre goud, koper en petroleumolies. Aan die invoerkant was die belangrikste kommoditeite petroleumolies, nikkelerts, diamante, motorvoertuie vir die vervoer van goedere, en medisyne. Suid-Afrika is steeds Namibië se primêre handelsvennoot. Die topkommoditeite toon ‘n kommerwekkende neiging dat ons ekonomie nie diversifiseer nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter en uitvoerende hoof van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme, hieroor gesels.