Nam baklei oor gay gades, SA pas Kinderwet aan vir gay-huwelike

Terwyl Namibiërs nog baklei oor die erkenning van buitelandse gades in gay-huwelike met Namibiese burgers, is die buurland besig om werklike kwessies van gelykheid uit te stryk. Die Konstitusionele Hof het Artikel 40 van die Suid-Afrikaanse Kinderwet ongrondwetlik en ongeldig verklaar. Die hof het bevind die wet diskrimineer teen paartjies van dieselfde geslag wat ouerlike regte betref. Die besluit volg op ‘n saak wat deur ‘n lesbiese egpaar aanhangig gemaak is wat aangevoer het die wet laat slegs een persoon in ‘n selfdegeslag-verhouding toe om wettiglik as die ma erken te word, en ontken sodoende die ander lewensmaat se ouerlike regte. In die uitspraak word toegegee die bepalings in Artikel 40 strook nie met die beste belange van die kind nie.