Nam-asielsoekers… dis Swapo se skuld
Die aantal Namibiërs wat asiel soek in die Verenigde Koninkryk soek het die hoogte ingeskiet, van 27 in 2016 tot meer as 1 400 verlede jaar. Dit is verbasend, aangesien Namibië ‘n vreedsame land is en hierdie getalle meer is as die aantal asielsoekers uit oorloggeteisterde lande soos Afghanistan, Soedan en Sirië. Die LGBT-gemeenskap beweer sommige asielsoekers maak asof hulle deel van hul gemeenskap is, en gebruik dit as gronde om asiel te eis. Die Britse hoëkommissaris in Namibië, Charles Moore, het verlede jaar gesê die meeste van hierdie aansoeke is vir ekonomiese voordeel, en mense doen aansoek om allerlei redes, wat die land se reputasie skade berokken. Kosmos 94.1 Nuus het met Maximilliant Katjimune van die Popular Democratic Movement gesels, wat die probleem toeskryf aan die regering.