Naloba teleurgestel in ondersteuning van Chinese sake-eienaars

Die plaaslike sake-vereniging Naloba, het sy teleurstelling in die 43 miljoen Namibiese dollar se lening aan Chinese sakevrou Stina Wu uitgespreek. Die sage het aan die lig gekom met die Ontwikkelingsbank wat nou betaling in die hof eis. Kosmos 94.1 Nuus het met Marius Nangolo van Naloba gepraat. Eerstens sê hy dat hy geskok is dat sy ‘n Namibiese ID het en tweedens, plaaslike sake-eienaars sukkel met finansiering.