Nakathila verloor na skeidsregter weer geveg stop

Die 33-jarige Namibiese bokser Jeremiah Nakathila het teen die 22-jarige Ernesto Mercado in Ontario Kalifornië verloor na die skeidsregter die geveg aan die einde van die tweede ronde gestop het. Nakathila is grond toe geslaan in die tweede ronde maar het betyds opgestaan. Daarna het Mercado hom in die hoek gedruk en die skeidsregter Eddie Hernandez het die geveg gestop, nes wat in Mei vanjaar teen Amerikaner Raymond Muratalla gebeur het. Nakathila het weer gesê die besluit was voortydig.