Nainda gesels oor Interpol-stemmery
NamPol se adjunk-inspekteur-generaal vir administrasie, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, het haar onlangs vir die pos as Interpol se visepresident vir Afrika verkiesbaar gestel. Sy was nie suksesvol nie, maar behou haar plek op die uitvoerende komitee. Kosmos 94.1 Nuus het met Nainda gesels wat sê sy bly toegewyd aan haar werk by Interpol Sy sê NamPol is gereed om almal se veiligheid gedurende die feesseisoen te verseker.