Nafau woedend oor winkelbestuur se gedrag

Jacob Penda, hoofsekretaris van die Namibian Food and Allied Workers Union, Nafau, sê 109 OK Foods-werkers in Rundu wat twee weke gelede aan ’n staking deelgeneem het, het skorsingsbriewe gekry. Dit kom nadat ’n ooreenkoms tussen die vakbond en bestuur bereik is vir die werkers om hierdie week te begin werk. Volgens Penda is die gedrag van die eienaars van OK Foods ‘n belediging. Hy vra dat hulle die skorsing heroorweeg, anders sal die vakbond optree. Penda het by ‘n perskonferensie in Rundu gepraat.