Nadal skryf in vir Amerikaanse Ope

Tennis: Dit lyk nie of Rafael Nadal lus is om noual sy glansloopbaan te beëindig nie. Die 38-jarige Spanjaard, met 22 Grand Slam-titels op sy kerfstok, het ingeskryf vir die Amerikaanse Ope wat op die 26ste van volgende maand in New York afslaan. Baie mense het verwag Nadal sal sy uittrede aankondig na die Olimpiese Spele in Parys, maar hy is in die trekking vir die Amerikaanse Ope danksy sy beskermde plek op die ranglys. ‘n Besering het die viermalige kampioen verlede jaar weggehou van Flushing Meadows.