Nadal se 14 Roland Garros-titels ‘een van sport se grootste prestasies’

Tennis: Die toernooidirekteur van die Franse Ope, Amelie Mauresmo, beskryf Rafael Nadal se 14 titels op Roland Garros as een van die grootste triomftogte in sport. Die voormalige wêreld nommer eenspeler sê dit is onwerklik om dit te kon doen in ‘n Grand Slam-toernooi op ‘n oppervlakte wat waarskynlik die uitdagendste van almal is. Mauresmo hoop die Spaanse kampioen sal vanjaar vir oulaas kan speel, maar besef sy liggaam sal bepaal of hy sal kan terugkeer na wat sy beskryf as sy tuiste.