Nadal pak Medvedev in Aus Ope-eindstryd

Tennis: Die top-gekeurde Rus, Daniil Medvedev, sal Sondag teen die 20-malige Grand Slam-kampioen Rafael Nadal te staan kom in die eindstryd van die Australiese Ope. Medvedev het Stefanos Tsitsipas van Griekeland geklop in die halfeindronde in Melbourne-park. Die Spanjaard het vroeër die Italianer Matteo Berrettini in vier stelle verslaan om sy 29ste Grand Slam-eindstryd te haal. Die wêreld nommer een, Ash Barty van Australië, sal môre in die vroue-eindstryd te staan kom teen die Amerikaner Danielle Collins.