Nadal onttrek uit Indian Wells
Die driemalige kampioen, Rafael Nadal, het hom aan die Indian Wells-ope onttrek en sê hy is nie gereed om op die hoogste vlak te speel nie. Die 37-jarige Spanjaard het in Januarie in Brisbane teruggekeer nadat ‘n heupbesering hom byna ‘n jaar lank uit die spel gehou het. Hy sou in die eerste ronde teen die Kanadees Milos Raonic speel en word vervang deur die gelukkige verloorder, Sumit Nagal. Hy is die eerste Indiese mededinger in die hooftrekking van ‘n ATP Meesters-1 000-byeenkoms sedert Prajnesh Gunneswaran in Miami in 2019