Nadal nie tevrede met sy peil na hy Sweedse Ope-finaal verloor

Tennis: Die voormalige wêreld-nommer-een, Rafael Nadal, sê hy is ontevrede met sy spelpeil in Bastad, Swede, maar gelukkig was dit sonder enige beserings. Die Spanjaard het teen Nuno Borges van Portugal verloor in die eindstryd van die Sweedse Ope, waar hy voorberei het vir die Olimpiese Spele. Die 38-jarige sê sy spelpeil en energie was glad nie na wense nie, maar hy het lanklaas vier dae na mekaar lang wedstryde gespeel. Hy en sy jong landgenoot, Carlos Alcaraz, beplan om die dubbelspel in Parys aan te durf.