Nadal mik na terugkeer by Katarse Ope

Tennis: Die Spaanse ster, Rafael Nadal, beplan om volgende maand in Doha na die beroepspel terug te keer. Die 22-malige Grand Slam-wenner het vroeër die maand na die spel teruggekeer na ‘n jaar op die krukkelys, maar is toe weer beseer en kon nie aan die Australiese Ope deelneem nie. Die 37-jarige Nadal het vir die Katarse Ope ingeskryf wat op 19 Februarie begin, waar hy teen die Russiese spelers Daniil Medvedev en Andrey Rublev te staan kan kom. Die voormalige wêreld nommer een het tot nommer-446 op die wêreld-ranglys teruggesak.