Nadal in eerste ronde van Franse Ope nie ideaal nie: Zverev

Tennis: ‘n Onverwagse eerste ronde-kragmeting vind vandag by die Franse Ope plaas tussen die vierde gekeurde Duitser, Alexander Zverev, en die koning van klei Rafael Nadal. Die Spanjaard het van Januarie verlede jaar af weens beserings net in vier toernooie gespeel en die 37-jarige Nadal is as gevolg daarvan nie gekeur vir die tweede Grand Slam van die jaar nie. Zverev sê hy onderskat beslis nie die 14-malige Franse Ope-kampioen nie.