Nadal deur na Bastad-halfeindstryd na 4 uur-wedstryd

Tennis: Rafael Nadal moes veg om deur te dring na die halfeindstryd van die Bastad Ope in Swede met ‘n oorwinning van 6-7, 7-5, 7-5 teen Mariano Navone van Argentinië, wat drie uur en 59 minute geduur het. Die 22-malige Grand Slam-kampioen is vir die eerste keer sedert Wimbledon twee jaar gelede onder die laaste vier van ‘n toernooi. Nadal kom volgende te staan teen die Kroaat Duje Ajdukovic, wat nommer 130 in die wêreld is. Nadal gebruik die toernooi in Bastad om voor te berei vir die Olimpiese Spele in Parys, waar die tennis op Roland Garros gespeel word.