Nadal betower met sy oorwinnings

Rafael Nadal van Spanje speel vandag teen die Australiese speler Jordan Thompson in die kwarteindronde van die Brisbane internasionale toernooi in Australië. Die 22-malige Grand Slam-kampioen wat ‘n jaar lank buite aksie was weens ‘n besering, lyk gevaarlik nadat hy na die toer teruggekeer het. Hy het Dominic Thiem van Oostenryk en nog ‘n Australiër, Jason Kubler, in die vorige rondes albei in skoon stelle geklop. Nadal berei voor vir die jaar se eerste Grand Slam-toernooi, die Australiese Ope, wat volgende Sondag in Melbourne begin. Hy is tevrede met sy vertonings: