Nacso verduidelik belangrikheid van bewaringsjag

Die Britse verbod op die invoer van sekere jagtrofeë word deur sommige Namibiese bewarings-organisasies as onnodig bestempel. Voetsoolvlak-bewaringsgroepe in verskeie Suider-Afrikaanse lande beskou die invoerverbod op sekere jagtrofeë as “nog ‘n manier om Afrika te her-koloniseer” wat landelike lewensbestaan sal ondermyn en die beskerming van wildlewe sal bedreig. Maxi Louis van die plaaslike gemeenskapsbewarings-organisasie Nacso het op Sky News die belangrikheid van bewaringsjag verduidelik.