NAC: Paragon wag op akkreditasie vir direkte vraguitvoere na EU

Die Namibiese Lughawensmaatskappy het vandag aankondig dat terwyl die nuwe gronddiensverskaffer Paragon op hul akkreditasie vir direkte vraguitvoere na die Europese Unie wag, lugrederye vragvervoer op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe hervat het. In- en uitvoere deur die lughawe is aktief en direkte uitvoere na die Europese Unie kan plaasvind sodra die sertifisering bereik is. Hierdie uitvoere kan egter steeds plaasvind deur alternatiewe roetes soos Johannesburg, Addis Abeba, Luanda of Doha, vir die EU-sone. Die lughawensmaatskappy sê konsultasies met Airlink, Eurowings Discover en Qatar Airways is gevorderd in hierdie verband. Die maatskappy se woordvoerder, Dan Kamati, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…