NAC: Nóg lugrederye gaan na HKIA vlieg
Goeie nuus vir die toerismesektor is die aankondiging van die Namibiese Lughawensmaatskappy verskeie internasionale lugrederye beplan om na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako te vlieg. Die lugrederye sluit in Zambia Airways, Edelweiss en KLM. Volgens Bisey/Uirab, uitvoerende hoof van die maatskappy, het die Zambiese regering reeds sy voorneme om die roete te begin met die vervoerministerie bespreek. /Uirab het bevestig dat Edelweiss en KLM na verwagting binne die volgende 12 maande met vlugte na Namibië sal begin. As deel van die lughawensmaatskappy se roete-ontwikkelings-inisiatief, het bestuur in April met vyf lugrederye in in Europa vergader, naamlik British Airways, Condor Airlines, Edelweiss, Eurowings Discover en KLM.