Nabta wil weet oor e-taxi’s

Die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging, bekend as Nabta, het volgens wat berig word, ‘n versoek aan die plaaslike prokureur, Kadhila Amoomo, gerig om ondersoek in te stel na die wettigheid van die rits nuwe sogenaamde e-taxi’s in die land. Daar is ses verskillende dienste wat beskikbaar is. Nabta se sekretaris-generaal Pendapala Nakathingo sê die wetgewing rondom die dienste, wat per toep bestel kan word, moet ondersoek word. Talle lede van die publiek verkies die dienste, eenvoudig omdat dit veiliger is.