Nabta waarsku busbestuurders teen oorlading

Die Namibië Bus en Taxi-vereniging, of Nabta, se sekretaris-generaal, Pendapala Nakathingo, versoek busbestuurders om nie hul voertuie te oorlaai met passasiers nie. Nakathingo sê Nabta het sommige busse wat oorlaai was gewaarsku, aangesien hulle ekstra tydelike sitplekke bygevoeg het om meer geld te maak uit mense wat na hul huise of werk terugkeer. Nakathingo voeg by dat hulle net kan optree as die publiek by hulle klagtes indien. Hy het egter busbestuurders geprys omdat daar geen bus-ongelukke tydens die feesseisoen was nie.