Nabta vra vir brandstof-invoere vanuit Angola

Die Namibiese Bus en Taxi-vereniging het ‘n beroep op die Namibiese regering gedoen om brandstof vanaf Angola aan te koop om verligting op die brandstofprys te bring. Volgens die vereniging se sekretaris-generaal Pendapala Nakathingo, is daar talle Angolese busse wat in die land bedrywig is en glad nie plaaslik brandstof ingooi nie en verder, daar is ook Namibiërs in die Noorde wat oorgrens gaan om hul voertuie vol te maak. Dus, sê Nakathingo, is daar geen probleem met Angolese brandstof nie. ‘n Liter brandstof het op 28 Februarie vanjaar 4 Namibiese dollar en 91 sent in Angola gekos.