Naakte vrou loop in see in, verdrink
’n Vrou het vanoggend in die vroeë oggendure by Walvisbaai sonder klere die see ingestap en verdrink. Volgens inspekteur Illeni Shapumba van die Erongo-polisie het die voorval omstreeks half-twee by Independence Beach by Walvisbaai plaasgevind. Volgens die veiligheidspersoneel van Rubicon-sekuriteitsdienste wat by die Independence-vulstasie gewerk het, het hulle die naakte vrou in die rigting van die see sien stap. Hulle het dit by die Tutaleni-polisie aangemeld, waarna die polisie haar liggaam gevind het. Die oorledene is deur haar familie geïdentifiseer, maar sy het nie ‘n selfmoordbrief agtergelaat nie.