Ná salarisverhoging sal Eskom op kragkrisis fokus
Eskom se tussentydse uitvoerende hoof, Calib Cassim, sê die onlangs afgehandelde salaris-gesprekke sal broodnodige bestendigheid aan die arbeidsmag van die nutsdiens verskaf. Eskom het ‘n ooreenkoms met vakbonde bereik vir ‘n sewe persent verhoging vir alle werknemers onder bestuursvlak oor die volgende drie jaar, vanaf 1 Julie vanjaar tot 30 Junie 2026. Cassim het tydens ‘n bestuursvergadering met die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge gesê dit sal Eskom toelaat om aandag te gee aan die nasionale kragkrisis.