Na drie jaar op Mars eindig NASA se “Ingenuity” helikopter sendings

NASA het bewys dat aangedrewe en beheerde vlug op ander wêrelde moontlik is, net soos die Wright-broers bewys het dat dit moontlik was op Aarde. NASA se “Ingenuity” Mars-helikopter het sy werk op die Rooi Planeet beëindig nadat dit verwagtinge oortref het en tientalle meer vlugte gemaak het as wat beplan was. Terwyl die helikopter steeds regop staan en in kommunikasie is met NASA, dui beeldmateriaal aan wat hierdie week aarde toe gestuur is, dat een of meer van sy rotor-lemme beskadig is en dat dit nie meer in staat is om te vlieg nie. Dit was oorspronklik ontwerp as ‘n demonstrasie model om tot vyf eksperimentele toets-vlugte oor ‘n periode van 30 dae uit te voer, dit was die eerste vliegtuig wat op ‘n ander wêreld vir byna drie jaar bedrywig was. Dit het ‘n totaal van 72 vlugte uitgevoer en meer as 14 keer verder gevlieg as wat beplan was.

Fotos & video verskaf: NASA/JPL