Na 50 jaar in die tronk, kry 84-jarige ‘n herverhoor

‘n 87-jarige Japanse man wat vir byna ‘n halwe eeu gewag het op sy teregstelling is ‘n herverhoor toegestaan. Iwao Hakamada is in 1968 ter dood veroordeel vir die moorde in 1966 op ‘n gesin van vier. Hy is in 2014 uit die tronk vrygelaat en het ‘n herverhoor gekry deur ‘n distrikshof, wat bevind het die ondersoek-span kon moontlik bewyse geplant het. Die besluit is toe deur Tokio se hooggeregshof omgekeer. In die herverhoor sal regters nou beslis of DNS van bloedvlekke wat op klere gevind is wat na bewering deur die moordenaar gedra is, ooreenstem met Hakamada s’n, al dan nie.