N$95m nodig vir Zim vir tussenverkiesings 

Desember-tussenverkiesings in Zimbabwe sal die land 95 miljoen Namibiese dollar kos, volgens die Zimbabwe Verkiesingskommissie. Dit kom op ‘n tyd dat sy tesourie reeds onder druk is, danksy bonusse vir staatsamptenare. Zimbabwe gaan 15 parlementslede en verskeie plaaslike raadslede vervang wat deur die Citizens Coalition for Change herroep is. Dit kan Zanu-PF ‘n tweederde meerderheid in die Parlement gee. Die algemene verkiesing in Augustus is teen ‘n koste van sowat 290 miljoen dollar gehou, maar toe het Zimbabwe die steun van die Europese Unie geniet, wat befondsing verskaf het as deel van sy pogings om demokrasie in verskeie lande te ondersteun.