N$789 707 in vulstasie roof, in kontant, gesteel

Die Namibiese polisie het vanoggend die amptelike verslag oor Dinsdag se gewapende roof by die Monte Christo-diensstasie in die Lafrenz Nywerheidsgebied. Dit het omstreeks 20 minute oor 10 plaasgevind en net minder as 790 000 Namibiese dollar in kontant is gesteel. Volgens die mag het drie verdagtes die vulstasie binnegekom, die vuurwapen op die kassiere gerig, die kantoor binnegegaan waar die bestuurder was en drie kontant houers wat voorberei vir transito-vervoer, gevat. Die vierde verdagte het in die blou Mazda Demio-voertuig buite gewag. Die mag sê die ondersoek duur voort maar daar is geen vordering gemaak nie.