N$60 000 vir kostuums vir Nangolo, Netumbo en gades, vir karnaval…

Plaaslike berigte lui dat die Namibiese Toerismeraad gedwing is om die 1,2 miljoen Namibiese dollar se rekening vir die bemarking van die naweek se Etotha-karnaval te betaal. Daar is ook blykbaar 60 000 dollar opgedok vir spesiale kostuums vir president Nangolo Mbumba en sy adjunk Netumbo Nandi-Ndaitwah, sowel as hulle gades, vir die karnaval. Volgens die Engelse dagblad The Namibian het die raad nie begroot vir die uitgawe nie en soek nou borgskappe sodat sy oudit sal klop. Die besteding kom te midde van ‘n wanvoedingkrisis in die land.