N$4,8m op staatsgeleenthede bestee

Plaaslike berigte lui dat die regering 2,1 miljoen Namibiese dollar in die 2022-23 boekjaar op staatsbegrafnisse bestee het. Dit is aansienlik minder as die 4 miljoen dollar wat reeds teen Junie 2021 bestee is in die 2021-22 boekjaar, met die dodelike derde vlaag Covid-infeksies. Die adjunk-eerste minister Netumbo Nandi-Ndaitwah het die syfers bekend gemaak. In totaal is 4,8 miljoen Namibiese dollar op staatsgeleenthede bestee waarvan ‘n miljoen dollar verlede jaar op Onafhanklikheid bestee is met 1,8 miljoen dollar op die Heldedag-viering wat op Mariental gehou is.