N$4,6m vir Alte Feste, waar’s die tenders?
Dit is 11 jaar sedert die Reiterdenkmal in die middel van Kersnag deur owerhede en onder polisiebewaking by die Alte Feste verwyder is en in die binnehof gebêre is. Intussen het die onderwysministerie in April aangekondig dat na ‘n ooreenkoms met die Namibia Craft Centre, die fort in ‘n baken van kulturele verryking getransformeer word. Die Amerikaners het 250 000 Amerikaanse dollar, of amper 4,6 miljoen Namibiese dollar bewillig vir die skepping van ‘n museum, ‘n kunsvlyt-sentrum, kunsgalery, werkswinkels en ‘n restaurant daar te vestig. Tot op hede is geen openbare tender vir enige opknappingswerk uitgesit nie en die plek staan vervalle en verwaarloos.