N$420m nodig vir beroepsopleiding – Itah

Die Namibiese Opleidingsowerheid wil 420 miljoen Namibiese dollar hê om tegniese opleiding en beroepsonderwys as ‘n studieveld in die land te bevorder. Itah Kandjii-Murangi, minister van hoër onderwys, sê dat daar ‘n aansienlike toename in inskrywings by beroepsonderwys-instellings is met 34 920 leerlinge wat landwyd vir programme ingeskryf het, ‘n styging van 38 persent in vergelyking met 2015. Sy sê daar was doelbewuste pogings om beroepsopleiding relevant en toeganklik te maak, nie net vir vroulike leerlinge nie, maar ook vir die gemarginaliseerde gemeenskappe en diegene wat met gestremdhede leef. Sy het opgemerk dat meer as 90 private instellings vir die opleiding geregistreer is. Beroepsopleiding word as uiters belangrik vir werkskepping beskou maar, daar word plaaslik neergesien op die tipe opleiding, veral met die klem wat jare terug deur die stigterspresident Sam Nujoma op inginieurs en dokters geplaas is.