N$4 miljard se vis in eerste kwartaal uitgevoer

Namibië se beheerde landbouprodusie wat gedurende die eerste kwartaal van vanjaar aangeteken is, was 2 095 ton, hoër in vergelyking met 1 939 ton wat in die ooreenstemmende kwartaal van 2022 geregistreer is. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap het mielies het die hoogste volumes van 1 293 ton getoon, ‘n aandeel van 61,7 persent. Visprodukte het gedurende die eerste kwartaal uitvoere van 4 miljard Namibiese dollar behels, ‘n uitbreiding van 910,3 miljoen dollar in vergelyking met die eerste kwartaal van 2022. Die invoerrekening vir vis produkte vir dieselfde tydperk het egter tot 167,9 miljoen dollar verminder.