N$392m vir NBC wat ouditeur-generaal sê nie winsgewend kan wees nie

Die nasionale uitsaaier het 392 miljoen Namibiese dollar in die begroting ontvang, meer as die helfte van die totale fondse wat aan die inligtingsministerie toegeken is. Volgens die minister, Peya Mushelenga, is 310 miljoen dollar toegeken aan bedryfskoste met 82 miljoen dollar vir ontwikkeling wat toerusting insluit. Volgens die jongste verslag van die ouditeur-generaal Junias Kandjeke, verloor die NBC steeds geld met ‘n verlies van 1,6 miljard Namibiese dollar wat aan die einde van die 2019-20 boekjaar aangeteken is. Kandjeke sê die uistaaier kan nie genoeg geld maak om homself te onderhou nie.