N$3,9 miljard bestee op koningin Elizabeth se begrafnis
Koningin Elizabeth II se begrafnis en verwante geleenthede, insluitend die tyd wat sy in staatsie gelê het, het die Verenigde Koninkryk se regering sowat 3,9 miljard Namibiese dollar gekos. Volgens die Tesourie het die Departement van Binnelandse Sake die grootste deel van die uitgawes, naamlik 1,769 miljard dollar, gedra. ‘n Nasionale routydperk van tien dae in aanloop tot haar begrafnis is ná die koningin se dood op 8 September verlede jaar aangekondig. John Glen van die Tesourie sê die regering se prioriteit was om seker te maak alle geleenthede verloop glad en met waardigheid.